News

AfriForum sluit ooreenkoms met Ngwathe

AfriForum sluit ooreenkoms met Ngwathe

 

 

AfriForum en die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit het ’n ooreenkoms gesluit waarvolgens AfriForum die munisipaliteit met advies sal bystaan om die knellende probleme met water en sanitasie te help oplos.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, is dit ’n belangrike stap vorentoe om te verseker dat die gemeenskap volhoubare dienste ontvang. “

Pretorius sê AfriForum verwelkom die sluit van die ooreenkoms om advies te gee oor water- en sanitasie aangesien dit  die geleentheid gee om die beste kundigheid na die tafel te bring om te help dat die munisipaliteit se probleme met die volhoubare lewering van water- en sanitasiedienste oorkom kan word.

 

 

Johan Kruger, AfriForum se hoof van Gemeenskapsontwikkeling, verduidelik dat munisipaliteite die kundigheid en goedertrou in gemeenskappe moet ontsluit met hierdie soort ooreenkomste. “Die munisipaliteit se stap om ons aanbod om hulp te aanvaar is prysenswaardig. Ons het reeds deurtastende vergaderings met die munisipaliteit gehad en die waterwerke besoek. Ons span kundiges werk nou aan aanbevelings en ’n veelsydige raamwerk vir ingrypings op die kort-, medium- en langtermyn.”

“Dit is die derde ooreenkoms van sy soort wat AfriForum met munisipaliteite sluit. Ons het soortgelyke ooreenkomste met die Modimolle – Mookgopong Plaaslike Munisipaliteit gesluit, waar ons reeds besig is om advies en bystand te lewer,” het Kruger gesê.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button