Selfverdediging – jy kan dit bemeester

Selfverdediging – jy kan dit bemeester

 

Of jy oud en krom, jonk en soepel, of lanklaas geoefen het. Jy kwalifiseer beslis.
Solank jy bereid is om te leer, vir drie maande kan vasbyt, en jou geesdrif saambring vir ‘n nuwe uitdaging. Parysenaars het nou weer die geleentheid om in te skryf vir die selfverdedigingskursus wat deur Kobus Grobler en Sonja van Rhyn as liefdadigheidsprojek vir die gemeenskap van Parys aangebied word.. Dié twee glo dat selfverdediging veral vandag van groot belang is, want misdaad het ‘n realiteit geword.
Die selfverdedigingskurus begin op Woensdag 20 Oktober met registrasie om 17:45 vir 18:00 by die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos.
Die koste is R350 per persoon. Bring jou hele gesin en kry ’n gesinspakket inskrywing. Met die kursus word jy eenvoudige selfverdedigingstegnieke geleer, of kom stof net weer jou kennis bietjie af. Al onthou jy net ‘n paar basiese begrippe, het jy reeds ‘n voorsprong. Dit is nie moeilik nie, en verg nie besondere fiksheid nie.
Jy ontvang ‘n sertifikaat met voltooiing van die kursus (moet minstens 80% klasbywoning hê)
Mans, vrouens en kinders kan die kursus bywoon.
Vir meer inligting skakel Sonja by 082 327 4250.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button