Diere staan verskrik in die veld nadat dit afgebrand het. Die diere se onderlywe het erg gebrand. Foto: Verskaf
“Die vuur het ‘n paar warrelwinde meters die lug in gemaak wat vinnig in alle rigtings begin waai het. Dit het gevoel asof die hel losgebars het.” So vertel Martin Becker, eienaar van Masuma, wie se plaas byna heeltemal afgebrand het. Die Becker-gesin boer vir die afgelope 16 jaar hier met beeste en wild. Sowat 300 van die 330 hektaar is tot op die grond verskroei.
Eric Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreel Brandbeskermingsvereniging, vertel dat die brand laatoggend op ‘n staatsplaas suid van Masuma ontstaan het. Martin het hom gebel en vertel dat hy rook sien, maar toe was die Brandbeskermingsvereniging, Potchefstroom Brandweer en Working on Fire reeds op die staatsplaas besig om die brand onder beheer te bring. Volgens Eric het die vuur later buite beheer geraak toe die wind meer noord in die rigting van Masuma begin waai het. Martin het probeer om te help om die vuur te blus, maar het op ‘n stadium besef dit is buite beheer en het probeer om sy diere te red. “Ek en die trekkerdrywer was saam met 85 beeste teen ‘n draad vasgekeer. Iemand het toe vir ons ‘n pad oopgespuit. Diere word wild en angstig met die vuur en rook, maar gelukkig kon ons al die beeste red. Ek is die hartseerste oor die wild wat nie betyds kon wegkom nie en ernstige brandwonde opgedoen het,” vertel Martin. Hy sê dat hulle ook probeer het om ‘n groep elande te red en was ook saam met hulle teen ‘n draad vasgekeer. Hulle het later besef dat dit nie moontlik gaan wees om die elande te red nie en het self probeer wegkom deur met die bakkie deur kort vlamme te ry.
Lees die volledige berig hier: https://potchefstroomherald.co.za/93841/die-hel-het-losgebars-boer-verpletter-na-diere-brand/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
October 2, 2021
Vanessa van der Westhuizen, Potchefstroom Herald
1 minute read
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.