NewsNews

Onbeskryflike emosie in ink verwoord

Onbeskryflike emosie in ink verwoord

 

 

     

 

Soms kom daar ‘n boek oor jou pad wat jou tot stilstand ruk. Só ‘n boek is die nuutste digbundel Pampoene in die Voortuin, van oud-Parysenaar, Wilnetta van Reenen. ‘n Bundel waarin soveel hartseer en verlies opgesluit is in die kenmerkende eerlike op-die-man af manier waarmee Wilnetta met woord spaarsaamheid soveel intense belewenis van emosie vasvang. Wilnetta het verskeie digkompetisies gewen en ook sketse en kortverhale in tydskrifte gepubliseer. In 2020 verskyn haar boek Ragel Petoors in die Malhuis, wat uitstekende resensies uit wye oorde ontvang het. Ten spyte van die skryfster se parkinsonisme, ‘n letsel op haar breinstam en ‘n oogneurisme, en die feit dat sy nou skaars meer ‘n pen kan vashou, slaag sy met hierdie bundel daarin om die leser se aandag van begin tot einde te hou.

As mens in twee woorde hierdie gedigte moet opsom, sou dit sekerlik seer en verlies wees, en kan jy nie anders as om met die fyn keuse van beeldspraak te wonder hoeveel van die skrywer se eie belewenis van die emosies moontlik ook in die gedigte vasgevang is nie. Dit is ook ‘n bewys dat baie woorde nie nodig is om ‘n emosie weer te gee nie, soos duidelik blyk uit die volgende gedig:

ek is immerbang

dat die vuur in my vingers

sal uitknetter-

en hopies as word

waswit

in ‘n graf van droë ink sal

wegsterf.

Wilnetta en haar man het onlangs om gesondheidsredes van Parys na Johannesburg verhuis, en is die hoop dat hierdie digbundel van ‘n besondere talentvolle digter nie die laaste uit haar pen sal wees nie, en dat die vuur in haar vingers nie sal uitknetter nie.    

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button