Photo GalleriesSchool

Karisa se wen die somtotaal van harde werk

Karisa se wen die somtotaal van harde werk

 

 

Karisa Nortman, ’n graad 6 leerder van Parys Primêre skool, is vanjaar se Vrystaat wenner van die Cum Laude Media Wiskunde-kompetisie, aangebied deur Netwerk24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad. ’n Maklike vraestel was dit beslis nie met graad 6 en 7 leerders wat in die laerskool-kategorie saam moes kompeteer, en graad 10, 11 en 12 leerders wat vir die hoërskool kategorie kon inskryf. Vir Karisa het die prestasie as ’n groot verrassing gekom, en nie sonder baie harde werk nie.
Die eerste, en ook die finale uitdunvraestel is aanlyn geskryf, maar is deelnemers tydens die vraestel deurentyd op kamera gemonitor. Die drie toppresteerders is as nasionale wenners aangewys, terwyl die top 3 in elke provinsie ook bekendgemaak is. Karisa was in 2020 ook ’n nasionale wenner van die ATKV Digispel kompetisie in die graad 4 & 5 kategorie.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button