Leerders van Hoërskool Parys het hierdie jaar, soos vorige jare, weer uitgeblink in die FAK Internasionale Afrikaanse Ekspo. Vanjaar se tema was, Boeke. Individuele uitslae wat behaal is, was as volg:
Deandré Pieterse (goue toekenning en 3de plek vir skilderkuns.
Deandré PIeterse se kunswerk waarmee sy ‘n derde plek verower het.
Anné Krüger (goue toekenning vir ‘n opstel)
Zak Thirion (2 silwertoekennings vir skilderkuns)
Megan Daniel (2 goue toekennings en ‘n silwertoekenning vir fotografie; 2 silwertoekennings vir poësie, en 1 silwer- en 4 bronstoekennings vir skilderkuns)
Marli Fourie (goue toekenning en 3 silwertoekennings vir poësie, asook ‘n bronstoekenning vir ‘n opstel)
Kaylyn Vertenten (goue toekenning vir opstel, drie silwertoekennings vir kortverhaal en poësie)
Hilke Scheepers (1 goue en drie silwertoekennings vir fotografie, en silwer vir poësie
Ciska Cilliers (3 goue toekennings en 1 silwertoekenning vir poësie)