

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het vandeesweek weer geswaarsku oor ‘n ernstige bloedtekort en ‘n dringende beroep op bloedskenkers gedoen om bloed te skenk.
Om die kritieke bloedvoorraad aan te vul is die #skenker100 veldtog geloods.
Parysenaars kan weer bloedskenk hierdie Donderdag, 30 September van 12:00 tot 18:00 in die kerksaal van die Hervormde Kerk h/v Loop- en Paulsenstraat.
Help die Bloeddiens om 50 eenhede bloed in te samel wat honderde lewens kan red.
ʼn Beroep is veral op alle skenkers gedoen wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, om die tyd te neem om bloed te skenk, asook nuwe skenkers wat aan die minimum vereistes voldoen om ʼn bloedskenker te word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



