NewsNews

Lug-opname en brandbane help om Greenlands-brand te stuit

Lug-opname en brandbane help om Greenlands-brand te stuit

 

Rukwinde wat met tye tot 35km/h gewaai het, het lede van die Vaal Eden Brandvereniging, boere van die Greenlands-distrik, en lede van die Gottenburg Brandvereniging, verlede week vir twee dae lank verbete laat veg teen ‘n brand wat in die omgewing van die Greenlands-spoorlyn begin het. Die brand het vermoedelik ontstaan ná ‘n kortsluiting by die spoorlyn waar kabels vroeër gesteel is.

As gevolg van die diefstal word die spoorlyn nou net deur dieseltreine gebruik. Die brand het die Woensdag begin, maar kon geblus word. Donderdag het dit egter weer in ‘n gestroopte mielieland begin brand te midde van baie sterk wind wat die vlamme in ‘n oostelike rigting deur verskeie landerye gejaag het.

 

   

 

Teen omstreeks 15:00 die

 

Donderdagmiddag was die brand buite beheer en is die hulp van die Gottenburg Brandvereniging se lede ook ingeroep. Die wind, stof, mielieblare en rook het dit bykans onmoontlik gemaak om te kon bepaal wat die beste manier sou wees om die brand te stuit. Die Vaal Eden Brandvereniging het toe ‘n girokopter van Wagtail gehuur om ‘n lugopname van die omvang van die brand te kon doen, sê Pieter Kemp van dié brandvereniging. Danksy die opname kon gevaarpunte geïdentifiseer word, en die brand met die hulp van brandbane effektief bestry word.

Verskeie boere het met implemente gehelp om die brandbane te sny. Teen 19:00 Donderdagaand was die brand wat oor 11km gewoed het, onder beheer. Altesaam 1 500ha waarvan meestal gestroopte lande, het gebrand, terwyl 1 800 ronde tef bale ook in die brand vernietig is. Drie pale van Eskom het ook gebrand.

* In nog ‘n voorval verlede week het dit ook by die Rooidam in Derdelaan gebrand en is die brand vermoedelik deur brandstigting veroorsaak. Hoewel die brand die Dinsdag onder beheer gebring kon word, het dit die Woensdag te midde van die sterk wind weer opgevlam. Die Working on Fire-span se hulp is ingeroep en is die brand Woensdagmiddag omstreeks 17:30 geblus.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button