NewsNews

Munisipale verkiesing: Jy moet by die regte stemlokaal geregistreer wees

Munisipale verkiesing: Jy moet by die regte stemlokaal geregistreer wees

 

As jy nie verlede naweek of Maandag aanlyn jou registrasiebesonderhede vir die komende munisipale verkiesing nagegaan het nie, mag jy dalk op stemdag, 1 November ‘n onaangename verrassing kry. Geregistreerde kiesers kan met ’n munisipale verkiesing slegs stem by die stemlokaal vir die wyk waarin jy volgens jou woonadres val.

Dit beteken sou die wyksgrense verander het sedert die laaste keer wat jy gestem het, jy dalk nie by die regte stemlokaal geregistreer is nie, al bly jy vir jare by dieselfde adres of min of meer in dieselfde omgewing waar jy gebly het voordat jy verhuis het. Dit het sommige kiesers met verbasing die afgelope naweek uitgevind. So was die NG-gemeente Parys-Wes vroeër jare die stemlokaal vir wyk 15, maar die wyksnommer is nou wyk 10. Hierdie wyk se mense stem steeds by die Wes-kerk. Basa Park was een van die stemlokale vir wyk 13, maar ‘n gedeelte van wyk 10 moet hier stem. ‘

n Gedeelte van die ou wyk 15 is nou ingedeel by wyk 12 (NG Suid-stemlokaal), terwyl kiesers in wyk 12 by onderskeidelik die biblioteek en stadsaal ingedeel is. Kiesers in wyk 14 stem steeds by die Rotary klub in Rotarylaan, en kiesers in wyk 7 by die tent naby Parys Distrik-hospitaal. Die afgelope naweek was die laaste kans vir nuwe kiesers om te kon registreer om te kan stem op 1 November, of om jou registrasiebesonderhede op die kiesersrol na te gaan. Registrasie van spesiale stemme het Maandag, 20 September geopen en sluit 4 Oktober. 

Onthou dat die OVK se kantore plaaslik by die Forum-gebou oorkant Spar is en gedurende besigheidsure op weeksdae besoek kan word.

 

Stefan en Thea Bruwer waar hulle verlede naweek hul registrasiebesonderhede by die NG Suid-stemlokaal nagegaan het. 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button