
Verskeie gimnaste van Parys het na afloop van die Vrystaat kwalifiserende kompetisie gekwalifiseer vir Zone-deelname, terwyl ander ook hul provinsie op nasionale vlak sal verteenwoordig. Die vlak 1 tot 3 gimnaste kry die geleentheid vir Zone-deelname, terwyl vlak 4 en ouer nasionaal meeding. Die SA’s is van 1-4 Oktober en die Zone-byeenkoms 16 Oktober.

Bo: Dié gimnaste het almal na afloop van die Vrystaat kwalifiserende kompetisie vir Zone of nasionale deelname gekwalifiseer. Hulle is van links Wian Pretorius, Tessa Barnard, Zaina Dames, Joalize van der Westhuizen, Nicola Kotze, Kens-linn Oelofse, Chené Dames, Jayden Brazao, Zuane Engelbrecht, Isabella van der Westhuizen, Denine Koen, Xante-li Smith, Marizan Engelbrecht, Anquene van Rensburg en Lisa Meyer. Xander Pretorius was afwesig met die neem van die foto. Foto’s: Verskaf

Van links is Xante-li Smith en Marizan Engelbrecht wat as vlak 4 reserwes gekies is vir die SA-kampioenskappe. Christie Snyders is ingesluit in die span vir SA-deelname.

Werichne Olivier en Carli de Jager, albei graad 2, het ook halwe kleure verwerf en sal op 16 Oktober aan die Zone-kompetisie deelneem.
Anika Lotter (vlak 5) wat ingesluit is in die span vir tuimel en artistiese gimnastiek vir die SA-kampioenskappe.



