
Carli de Jager van Parys het deurgedring na wêreldwye finaal van vanjaar se World Monologue Games. Dit beteken dat dié graad 2-leerder van Parys Primêre Skool nou een van die top 95 deelnemers vanoor die wêreld aan dié kompetisie sal wees.
Carli was een van 12 kinders uit Afrika wat vroeër aan die streekfinaal op 17 September deelgeneem het in die kategorie 11 jaar en jonger. In haar monoloog vertel sy vir Kersvader dat dogtertjies ook hou van bou en eerder Lego wil hê pleks van sagte speelgoed.
Sy was met die streeksfinaal een van die 3 deelnemers wat met die beoordelaars se stemme gekies is. Sy het ook die derde meeste kykersstemme gehad
Die finaal word oor twee naweke in November gehou.




