NewsNews

Carli dring deur na wêreld finaal met monoloog

Carli dring deur na wêreld finaal met monoloog

Carli de Jager van Parys het deurgedring na wêreldwye finaal van vanjaar se World Monologue Games. Dit beteken dat dié graad 2-leerder van Parys Primêre Skool nou een van die top 95 deelnemers vanoor die wêreld aan dié kompetisie sal wees.
Carli was een van 12 kinders uit Afrika wat vroeër aan die streekfinaal op 17 September deelgeneem het in die kategorie 11 jaar en jonger. In haar monoloog vertel sy vir Kersvader dat dogtertjies ook hou van bou en eerder Lego wil hê pleks van sagte speelgoed.
Sy was met die streeksfinaal een van die 3 deelnemers wat met die beoordelaars se stemme gekies is. Sy het ook die derde meeste kykersstemme gehad
Die finaal word oor twee naweke in November gehou.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button