EntertainmentLocal news

Ontwerpskool se globale standaard ‘n eerste vir SA

Is jy ‘n aspirant modeontwerper? Die glansontwerper Gert-Johan Coetzee se alma mater, die Northwest School of Design, het pas die eerste Suid-Afrikaanse instansie geword wat ‘n Lisensiaatskap in Mode, die hoogste internasionaal-aanvaarde modekwalifikasie in Suid-Afrika, kan aanbied.

Is jy ‘n aspirant modeontwerper? Die glansontwerper Gert-Johan Coetzee se alma mater, die Northwest School of Design, het pas die eerste Suid-Afrikaanse instansie geword wat ‘n Lisensiaatskap in Mode, die hoogste internasionaal-aanvaarde modekwalifikasie in Suid-Afrika, kan aanbied.

Dit beteken dat studente aan die Klerksdorpse kollege toegang verkry tot die soort praktiese, beroepsgerigte opleiding wat jongmense leer om entrepreneurs te word, asook ‘n formele kwalifikasie van die hoogaangeskrewe City & Guilds of London, wat enige plek ter wêreld erken en verwelkom word.

“Die probleem met baie universiteits- en kollegekwalifikasies is dat jongmense gradueer met min of geen praktiese ondervinding nie, wat hulle nie altyd so aantreklik maak vir werkgewers nie, en wat ook beteken dat hulle nie weet hoe om as entrepreneur hul eie werk te skep nie. Ek is ‘n groot ondersteuner van beroepsgerigte opleiding,” sê Coetzee. Hy het pas een van die eerste deelnemers in die Lisensiaatskap-program, Prudence Kau, in diens geneem.

Prudence, 23, is ‘n voormalige wenner van Coetzee se beursprogram wat haar derde jaar in 2015 voltooi het en nou in-diens-opleiding kry by die ontwerper se ateljee in Johannesburg. Sy is gewelding opgewonde oor die jaar wat voorlê.

“Ek het ’n week gelede hier by Gert-Johan se ateljee ingeval, en ek leer reeds so baie. Maar beste van alles is dat elke ding wat ek vanjaar leer sal deel vorm van die bewyse van bevoegdheid wat ek versamel vir November, wanneer ek vir die Lisensiaatskap geassesseer word. Alles is prakties en relevant.”

Volgens NWDS se prinsipaal Marlene Oosthuizen, het al Prudence se 2015 mede-alumni en ook die hele klas van 2014 ingeskryf vir die Lisensiaatskap. “Hulle is almal in hul eerste werk, of het selfs al hul eie ondernemings begin, en wil hierdie verdere afronding hê wat die program hulle bied, om hulle toekoms in die modebedryf te verseker,” sê sy.

Die een-jaar Lisensiaatskap-program volg na drie jaar van voltydse studie in òf mode-ontwerp òf mode-kommunikasie en -aankope. Registrasie vir eerste-jaar studies sluit op 11 Februarie. Aansoeke vir Gert-Johan Coetzee se beurs vir 2017 sal later vanjaar open.

Vir meer inligting, skakel NWSD op 018 462 5149 of besoek www.nwsd.co.za.

Related Articles

Back to top button