
Die pragtige pienk granietsteen wat jou welkom heet in Parys wanneer jy by die wabrug oor die Vaalrivier die dorp van Potchefstroom-kant inry, is skoongemaak. Gazette het drie weke gelede berig oor die steen wat onder die hande van vandale deurgeloop het wat dit met verf besmeer het. Hoewel van die verf nog aan die een kant van die steen gesien kan word, is dit heelwat ligter, en die ander kant van die steen nou skoon. Dankie vir wie die steen wat ‘n deel is van die dorp se geskiedenis is, skoongemaak het.
Die welbekende Parys graniet met sy kenmerkende pienk vlamme wat jy by al die dorpsingange van Parys sien, is vroeër jare hier gemyn en het net hier voorgekom. Naas die poskantoor en gevangenis in die dorp, sien jy selfs Parys graniet by die senotaaf in die Voortrekker Monument. Graniet mynbou in die Vredefort Koepel het teen ongeveer 1890 begin en ongeveer in 1998 geëïndig.
Só het die verwelkomingsteen gelyk nadat vandale dit vroeër met verf besmeer het.



