NewsNews

Renosterstropers loop hul vas

    Die bestuurder van ’n wegkomvoertuig en nog ’n verdagte, beide in hul dertigs, is laat Dinsdagaand in die Vredefort-distrik in hegtenis geneem, toe vier vermeende renosterstropers se planne sleg in die wiele gery is. Volgens Herman van Wyk, voorsitter van die Vredefort Koepel GPF, het hulle vooraf inligting gekry van ’n moontlike stropery …

 

 

Die bestuurder van ’n wegkomvoertuig en nog ’n verdagte, beide in hul dertigs, is laat Dinsdagaand in die Vredefort-distrik in hegtenis geneem, toe vier vermeende renosterstropers se planne sleg in die wiele gery is.

Volgens Herman van Wyk, voorsitter van die Vredefort Koepel GPF, het hulle vooraf inligting gekry van ’n moontlike stropery , en is die inligting aan die SAPD deurgee en renosterboere in die distrik gewaarsku.

Plaaslike SAPD-lede en lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid het Dinsdagaand met ondersteuning van boere van die distrik en lede van die Vredefort Koepel GPF, die renosterstropers gaan voorlê. Vroegaand net na 19:00 is vier swaar gewapende mans inderdaad op ’n plaas naby die R59 buite Vredefort afgelaai. In ’n tromp-op ontmoeting met die verdagtes, het die stropers op die polisie en boere geskiet, en is ’n lid van die polisie se taktiese reaksiespan in die been gewond. Die verdagtes het in die dig beboste rante ingevlug.

Rugsakke met ’n .375 jaggeweer, patrone, ’n knaldemper en byl is op die toneel gekry, en kon die twee verdagtes in die wegkomvoertuig gearresteer word nadat die voertuig naby Vredefort opgemerk is.

Van Wyk, het na die voorval sy dank uitgespreek teenoor boere van Vredefort, Kroonstad, Viljoenskroon en Bothaville, alle afdelings van die polisie, die paramedici en ambulansdienste, en alle boere in die distrik wat gehelp het om paaie te versper.    

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button