NewsNews

Het jy al seker gemaak jy is geregistreer?

Hierdie naweek is jou laaste kans

   

Onthou jy het nog tot vanmiddag 17:00 (Saterdag 18 September) en ook môre, Sondag 19 September geleentheid om seker te maak jy is geregistreer vir die komende munisipale verkiesing op 1 November. Dit is veral belangrik vir mense wat van adres verander het of wat sedert die laaste verkiesing 18 jaar oud geword het. Al 75 stemlokale in die 19 wyke van die vyf Ngwathe dorpe is oop oor die naweek.

 

Die Wes-kerk stemlokaal was vroeg al besig

 

Gaan maak seker al jou inligting is korrek op die kiesersrol. Dit is ook belangrik dat jy jou ID dokument sal saamneem. Die registrasie van spesiale stemme open op Maandag 20 September en sluit op 4 Oktober. Onthou ook dat jy ook aanlyn kan seker maak dat jou besonderhede reg is en jy wel geregistreer is vir die komende verkiesing.

Gaan na https://registervote.elections.org.za/Welcome Hoewel daar hier en daar ‘n haakplek was by van die stemlokale wat Gazette vroegoggend besoek het, was almal wat besoek is betyds oop.

Sommige stil, maar ander reeds van 08:00 af al besig, die koue en wind ten spyt.

 

     

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button