NewsNews

Doen jou deel vir herwinning

Doen jou deel vir herwinning

 

Verlede jaar is meer as 1,5 miljoen ton plastiek verwerk, maar net sowat 500 000 ton plastiek word herwin. Die res beland in ons riviere en waterbronne, op sypaadjies en letterlik oral waar dit gestort word. Juis daarom is dit nodig dat ons ‘n waardeketting sal skep om herwinning aan te moedig. Sodra jy die waarde van iets besef, laat lê jy dit nie rond nie. Dit is ook Saterdag gesien toe werknemers van Safripol (Sasolburg en Bryanston) en hul families, saam met Vaal Action Group, Rise & Shine Community Foundation en NgwatheRa (Ngwathe Residents Association) deelgeneem het aan ‘n skoonmaakaksie by die Sandgat reg langs die Parys Rotary klubterrein. Nie minder as 108 sakke vullis is op die pragtige terrein reg op die oewer van die Vaalrivier opgetel, waarvan net 22 sakke se materiaal nie herwin kan word nie. Seeco sou die herwinbare materiaal wat Saterdag bymekaar gemaak is oplaai, en sal die geld hiervoor aan die Vaal Action Group oorbetaal word vir die waardevolle werk wat hulle doen om ons omgewing en waterbronne skoon te hou.  

 

 

 

 

 

Die reuse taak wat aangepak is, was ter viering van Ocean Clean Week (11-18 September), en het Safripol met sy enorme bydrae tot die projek ook weer hul verbintenis gewys tot ‘n skoon omgewing. Volgens Eddie Kotzee, bedryfshoof van Safripol, is die hoop dat Saterdag se aksie een van vele sal wees. Nadat daar vroegoggend gesorg is dat geen rommel hier sou lê nie, het Gert Claassen, uitvoerende hoof vir tegniese innovasies by Safripol ook meer aan die deelnemers van die projek vertel oor herwinning. Hy het klem daarop gelê dat plastiese bottels en aluminium blikkies nie op die terrein opgetel is nie, bloot omdat mense bewus is van die herwinningswaarde daarvan, en dit daarom nie rondlê nie. Hy het verduidelik hoedat herwinde produkte weer in ander nuttige produkte verwerk kan word, maar dat mense daarom meer bewus gemaak moet word van watter materiaal herwinbaar is. Die pragtige Sandgat-gebied word juis dikwels as stortingsterrein gebruik omdat die terrein so afgeleë is. Selfs mense wat ‘n lewe van herwinning maak, sorteer dikwels dit wat hulle bymekaar kon maak hier, en los dan waarvoor hulle nie nut het nie op die terrein. Hierdie rommel besoedel nie net die gebied nie, maar beland ook in die rivier. Saterdag se aksie het Maandag reeds uitgekring met nog ‘n skoonmaakaksie wat geloods is toe daar by die Mimosa Spruit skoongemaak is danksy JaloersPlek.  

 

JaloersPlekhet ook Maandag inisiatief geneem om te help om by die Mimosa Spruit skoon te maak en was dit na die aksie silwerskoon.    

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button