Net 45% van munispaliteite het planne vir onderhoud aan infrastruktuur
Die verval van munisipaliteite in Suid-Afrika is ʼn kommerwekkende werklikheid en vrae van die VF Plus aan onder andere die minister van plaaslike regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, bevestig dat die situasie so haglik is dat krisisbestuur normale dienslewering grootliks vervang het. Dit word ook gesien in Parys met die …
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/09/20210622_135402-2-335x470-1.jpg)
Die verval van munisipaliteite in Suid-Afrika is ʼn kommerwekkende werklikheid en vrae van die VF Plus aan onder andere die minister van plaaslike regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, bevestig dat die situasie so haglik is dat krisisbestuur normale dienslewering grootliks vervang het. Dit word ook gesien in Parys met die voortslepende waterkrisis wat dele van die dorp al vir 8 weke lank raak, en die afgelope week ook die hele dorp affekteer het met nog ‘n groot waterlek wat herstel moes word. Ook met die instandhouding van die dorp se kragnetwerk, is onderhoud aan infrastruktuur ‘n ernstige bron van kommer. met die munispaliteit se knypende finansies. Kabeldiewe en vandalisering van sabotasies vererger boonop die probleem. Op ʼn vraag oor planne vir die onderhoud van infrastruktuur regoor Suid-Afrika, en waar dit volledig of gedeeltelik in werking gestel is, blyk dit uit minister Dlamini-Zuma se antwoord dat slegs 45% van alle munisipaliteite in die land planne het vir die instandhouding van infrastruktuur vir hul onderskeie munisipale dienste.
Van hierdie 45% munisipaliteite implementeer slegs 10% die planne ten volle, oftewel minder as 5% van alle munisipaliteite in die land. Luidens die ouditeur-generaal (OG) se verslag ingevolge die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA) het 41% van die geouditeerde munisipaliteite geen goedgekeurde beleid oor die roetine-instandhouding van water- en sanitasie-infrastruktuur nie terwyl 27% geen padonderhoudsplanne nie.
Dit beteken dat by ʼn derde van munisipaliteite landwyd paaie verval sonder enige onderhoudsplan. In antwoord op die vraag oor die stappe wat geneem word om die negatiewe gevolge van politieke binnegevegte op dienslewering te voorkom, erken die minister dat dit munisipaliteite se vermoë om diens te lewer benadeel, maar dit blyk ook dat niks daadwerklik daaraan gedoen word nie. In antwoord op die kwessie van gespesialiseerde kundigheid soos ingenieurs in die onderskeie afdelings op plaaslike vlak, blyk dit dat daar tans 53 vakatures vir die pos van tegniese direkteur by munisipaliteite is. Oor hoe die tekorte reggestel gaan word, is die antwoord dat plaaslike owerhede nie wetlik verplig word om kundiges soos geregistreerde meganiese-, elektriese-, siviele- en chemiese ingenieurs in diens te neem nie. Volgens die minister volg elke plaaslike owerheid ʼn goedgekeurde organisasiestruktuur om persone met vaardighede in ooreenstemming met toepaslike regulasies en behoeftes aan te stel.
Hier is die skakel na die oorspronklike berig https://carletonvilleherald.com/50025/net-45-van-munispaliteite-het-planne-vir-onderhoud-aan-infrastruktuur/