Mnr. Jaco Marais wens Adriaan Nel geluk met sy besondere prestasie op die krieketveld. Foto: Verskaf
Adriaan Nel, ’n leerder van Parys Primêre skool het vir seker sy nr 13-skoene volgesstaan as deel van die skool se 0.11A-krieketspan, in Parys se kragmeting teen Fonteine verlede week.
Adriaan het 100 lopies nie uit nie aangeteken – ’n besondere prestasie vir ’n 11-jarige.
Parys het die wedstryd gemaklik gewen danksy goeie kolf-vennootskappe wat opgevolg is deur goeie boul- en veldwerk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.