News

André Jacobs: ‘n Man wat met passie sy talente en drome geleef het

Sy aanvoeling vir styl en detail was ongekend

 

Menige Parysenaar sal die prag blommerangskikkings onthou van Maison de Fleur. Die handewerk van André Jacobs. ’n Man wat ’n oog gehad het vir styl, en dit met passie geleef het in alles wat hy aangepak het. André is Donderdag in ’n Potchefstroomse hospitaal aan Covid-19 oorlede nadat hy vroeër vir sy hart behandel is in ’n kliniek. Hy was 53.

André was vroeër jare in Parys gevestig, maar het die afgelope paar jare in Potchefstroom gebly waar hy ten tyde van sy dood die restaurant, Old Grimbeekhuis, bedryf het.

André was ’n baie talentvolle man wat ’n fyn aanvoeling gehad het vir dekor en detail, en was dit ook vir hom ’n passie wat hy geleef het in sy blomme-onderneming, en later ook by die restaurant.

Hy was ’n gesinsman en vir wie sy seuns die spil was waarom sy lewe gedraai het. Hul ‘superhero’.

Huldeblyke van medelye met sy afsterwe het sedert sy dood ingestroom op die restaurant se Facebook-blad, en het getuig van hoe hy mense se lewens aangeraak het, sy fyn aanvoeling vir styl, sy ongelooflike talent as bloemis, sy kennis van Belgiese biere, en die drome wat hy gehad het vir die restaurant. Iemand wat nooit toegelaat het dat terugslae in die lewe in die pad staan van sy drome nie.

Hy is destyds in Maastricht gebore en het sy familie later na Venlo verhuis.

André word oorleef deur sy vrou, Zoë en sy seuns. Ons diepe medelye met sy gesin.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button