News

André Jacobs: ‘n Man wat met passie sy talente en drome geleef het

Sy aanvoeling vir styl en detail was ongekend

 

Menige Parysenaar sal die prag blommerangskikkings onthou van Maison de Fleur. Die handewerk van André Jacobs. ’n Man wat ’n oog gehad het vir styl, en dit met passie geleef het in alles wat hy aangepak het. André is Donderdag in ’n Potchefstroomse hospitaal aan Covid-19 oorlede nadat hy vroeër vir sy hart behandel is in ’n kliniek. Hy was 53.

André was vroeër jare in Parys gevestig, maar het die afgelope paar jare in Potchefstroom gebly waar hy ten tyde van sy dood die restaurant, Old Grimbeekhuis, bedryf het.

André was ’n baie talentvolle man wat ’n fyn aanvoeling gehad het vir dekor en detail, en was dit ook vir hom ’n passie wat hy geleef het in sy blomme-onderneming, en later ook by die restaurant.

Hy was ’n gesinsman en vir wie sy seuns die spil was waarom sy lewe gedraai het. Hul ‘superhero’.

Huldeblyke van medelye met sy afsterwe het sedert sy dood ingestroom op die restaurant se Facebook-blad, en het getuig van hoe hy mense se lewens aangeraak het, sy fyn aanvoeling vir styl, sy ongelooflike talent as bloemis, sy kennis van Belgiese biere, en die drome wat hy gehad het vir die restaurant. Iemand wat nooit toegelaat het dat terugslae in die lewe in die pad staan van sy drome nie.

Hy is destyds in Maastricht gebore en het sy familie later na Venlo verhuis.

André word oorleef deur sy vrou, Zoë en sy seuns. Ons diepe medelye met sy gesin.  

Related Articles

Back to top button