News

Hou maar jou selfoon en beursie styf vas

Hou maar jou selfoon en beursie styf vas

 

 

Misdadigers word al meer geslepe by die dag. Wees versigtig dat jy nie onwetend reg in hul hand speel nie. Nico Muller van Parys vertel hoedat hy verlede Donderdag in ‘n kruidenierswinkel in Parys sy inkopies gedoen het.

Terwyl hy by die koue vleise toonbank gestaan het, het ’n man van agter gekom en hom aan die arm gevat met die woorde – “Hi, hoe gaan dit – ek het jou lanklaas gesien!” Nico het dadelik onraad vermoed omdat hy die man van geen kant af ken nie, en weggedraai. Met dié het hy besef dat sy selfoon nie meer in sy sak was nie. Toe hy omdraai het hy die man agter die yskaste sien staan en hom dadelik gekonfronteer oor die selfoon.

Gelukkig was die winkelbestuurder ook in die omtrek en het die woordewisseling gehoor. Hy het die man na sy kantoor geneem waarop hy met die hele sak patats (en die selfoon) vorendag gekom het, toe hy hoor dat die polisie ontbied gaan word en die beeldmateriaal van die sekuriteitskameras nagegaan sal word.

Nico se selfoon is binne sekondes uit sy sak gevat toe die man sy aandag afgelei het. Hou daarom maar jou oog op jou handsak, beursie en selfoon, en wees versigtig om nie toe te laat dat enigiets jou aandag selfs net vir ’n kort oomblik aftrek nie.    

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button