
Die Bond vir Oudpolisiebeamptes in Parys het die afgelope naweek ‘n pannekoekverkoping gehou om fondse in te samel vir dié nie-winsgewende organisasie. Dankie aan elkeen wat die verkoping ondersteun het. Spesiale dank aan Matty van Yummy Pancakes en Marlett van Granny’s Pies. Die fondse wat ingesamel word met fondsinsamelings soos hierdie, word gebruik om om te sien na die belange van afgetrede polisiebeamptes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



