

In skerp kontras met Parys het Koppies ‘n kommerwekkende toename in Covid-19 gevalle die laaste twee weke gehad. Die week tot en met 29 Augustus het op 61 gevalle vir dié dorp gesluit, en is gevolg deur 183 gevalle in Koppies vanaf 30 Augustus tot 5 September. Die 183 gevalle is die hoogste aantal gevalle in een van die Ngwathe dorpe sedert begin Mei. Ongeveer 27 nuwe gevalle word per dag in Koppies aangeteken.
Die aantal positiewe gevalle per week in Heilbron, Edenville en Vredefort is egter steeds redelik stabiel Die aantal aangemelde Covid-19 positiewe gevalle vir Parys het die afgelope twee weke darem bemoedigende tekens getoon. Parys het die week tot en met 29 Augustus op 18 positiewe gevalle afgesluit, teenoor 39 die week vantevore. Die aantal positiewe gevalle in Parys per week is die laagste sedert die gevalle per dorp gereeld beskikbaar gemaak word begin Mei.
Die 7-daagse rollende gemiddelde vir Parys staan tans op 3 positiewe gevalle per dag, teenoor 5 die vorige week.

Die grafiek gee ’n duidelik prentjie van Parys se Covid-19 syfers. Die grafiek is saamgestel deur Karin Grobler.

Die grafiek en ontleding van die aantal Covid-19 gevalle per week in al die Ngwathe dorpe, is saamgestel deur Karin Grobler wat haar meestersgraad in bedryfswiskunde en informatika het.

Maandag het Koppies die hoogste aantal nuwe gevalle in die hele Fezile Dabi-distrik gehad.




