News

Dankie vir sulke petroljoggies

Jy't my vandag 'n band gespaar

Miskien is jy ook een van daardie motoriste wat tot op die nippertjie wag voor jy jou motor se brandstoftenk laat volmaak. En dan inderhaas indraai want die petrolliggie het vergete al gewaarsku. Die res gebeur bykans werktuiglik. Maak vol, 95, check die bande en die olie. En dikwels maak ons vol sonder om die res na te gaan.

Maar vandag is hierdie ode aan ons petroljoggies.

In ‘n klein dorpie soos Parys ken jy baie van hulle al by die voornaam. Vanoggend was dit nie my gewone vulstasie stop nie. ‘n Ander vulstasie, ‘n ander petroljoggie. Groot was my verbasing toe hy na hy die brandstof ingegooi het uit sy eie ook begin bande pomp.

Ek dink by myself dit is diens. En toe tot my verbasing kom sê hy die agterwiel was baie pap. Dit sou probleme gegee het en ‘n ander band kos baie. Ek ry elke dag grondpad en so is ‘n spyker en ‘n lekkende band beslis nie iets nuuts nie. Vantevore het ‘n petroljoggie my ook al ‘n band gespaar. Vandag wil ek dankie sê vir daardie ekstra myl. Oplettendheid wat my ‘n hele paar rand gespaar het.

Waardeer ons ons petroljoggies genoeg?  

 

 

Related Articles

Back to top button