Kleuters van Noag se Arkie het verlede week troeteldiere as tema behandel. Vrydag is die tema afgesluit toe die kleuters hul eie troeteldiere kon skool toe bring en meer oor hulle vertel. ‘n Opgeleide polisiehond het ook ‘n draai by die skool gemaak, en is die kleuters gewys wat dié hond kan doen. Die hoogtepunt van die dag was ‘n besoek aan die Is-So troeteldierwinkel. Hier is hulle verras met ‘n bederfpakkie wat deur Michelle Hanson vir hulle verpak is.