NewsNews

Jong vrou sterf in botsing op Vredefort-pad

Jong vrou sterf in botsing op Vredefort-pad

 

‘n Motorongeluk sowat 10 kilometer buite Parys op die R59 tusen Parys en Vredefort, het Saterdagaand die lewe van ‘n 21-jarige vrou van Vredefort geëis.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Thandi Mbambo, is die vrou op die toneel dood nadat die voertuig waarin sy en twee ander insittendes na Vredefort op pad was, omgeslaan het. Geen ander voertuie was betrokke nie.
Die twee ander insittendes is beide na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling en is reeds teen Maandag ontslaan. In nog ‘n ongeluk vroeër Saterdagmiddag op die R59 sowat 15 kilometer buite Parys in die rigting van Sasolburg, is ‘n motorfietsryer beseer toe sy motorfiets en ‘n vragmotor gebots het. Volgens kol. Mbambo blyk dit dat die 30-jarige motorfietsryer die vragmotor aan die linkerkant wou verbygaan en toe gegly en geval het. Hy is per ambulans na die Fezile Dabi-distrikshospitaal geneem vir behandeling.
Maandagoggend was daar nog ‘n ongeluk op die R59 by die vliegveld, maar was daar geen ernstige beserings nie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button