News

Só verloop aksie na kriminele klag oor water

Só verloop aksie na kriminele klag oor water

  Sedert die DA Maandag kriminele klagtes teen munisipale amptenare gelê het vir die voortslepende waterskaarste in sekere dele van Parys en Tumahole, het verskeie inwoners navrae gerig oor die vordering van die proses.

Volgens rdl. Carina Serfontein, Ngwathe DA koukusvoorsitter, het die SAPD reeds Maandag die saaknommer (112/08/2021) toegeken en bevestig, en sal die proses en vordering met die ondersoek van die saak gemonitor word.

Andries Vrey, DA-raadslid vir wyk 12, wat ook Maandag DA lede van die provinsiale wetgewer na verskeie inwoners in die geaffekteerde area vergesel het, het gesê dat hoewel die saak aanhangig gemaak is, en die saaknommer uitgereik is, dit belangrik is dat inwoners die verloop van dié proses sal verstaan.

Die klagtes wat gelê is moet  deur die SAPD ondersoek word. Dit sluit in om inligting en antwoorde  van Ngwathe amptenare te bekom. Dan eers kan die saak aan die vervolgingsgesag oorhandig word vir ’n beslissing oor vervolging. Intussen gaan pogings én samewerking, met beide amptenare en ander gemeenskapsorganisasies voort om te verseker dat watertoevoer herstel, en in stand gehou word.

Die lê van klagtes bring nie alle ander pogings om die waterskaarste aan te spreek tot halt nie, het rdl. Vrey gesê, maar is gewoon één van die aksies om, waar moontlike nalatigheid bewys kan word, amptenare aanspreeklik te hou.

Rdl. Vrey het op 19 Augustus  die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer (as verantwoordelike amptenaar) in kennis gestel dat, synde daar ná samewerkingspogings en positiewe gesprekke met hom en die Direkteur Tegniese Dienste, steeds geen verbetering is ten opsigte van waterlewering aan die geaffekteerde dele nie, hy nie kan sien dat kriminele klagte afgeweer kan word nie.

Die DA sê na ‘n antwoord op dié kommunikasie vanaf die munisipale bestuurder, is dit onduidelik waarom Ngwathe gister (Donderdag 26 Augustus) in ‘n verklaring  aangevoer het dat hy nie bewus was van die DA se voorneme om klagtes aanhangig te maak, sowel as die eindelike optrede om die klagte te lê nie.

Die DA het gesê inwoners kan self ook, deur gebruik te maak van die saaknommer as verwysing, by die SAPD navraag doen oor vordering met die ondersoek, om so te verseker dat hierdie stap so spoedig moontlik vorder.  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button