Vyf van Parys verteenwoordig Fezile Dabi by VS Wiskunde-kompetisie
Vyf van Parys verteenwoordig Fezile Dabi by VS Wiskunde-kompetisie

Twee van Hoërskool Parys se leerders het Vrydag geskitter met eerste plekke in rondte 3 van vanjaar se Vrystaat Wiskunde-kompetisie, aangebied deur die departement van onderwys en geborg deur Eskom.
Brigitte van der Hoven (graad 11) en haar broer, Reinhard (graad 8) wat dié spog prestasie behaal het, is saam met nog drie van die skool se leerders aangewys om die Fezile Dabi-streek in Bloemfontein te gaan verteenwoordig in die volgende rondte van die kompetisie. Die ander drie leerders wat deurgedring het, is Hilke Scheepers en Suré de Swardt (graad 9) asoook Chantell te Lange (graad 11).
Vanjaar kon Hoërskool Parys met twintig leerders spog by Vrydag se streekuitdunne.





