NewsNews

Lisensiekantoor oop ná deure lank gesluit was weens diefstal

Lisensiekantoor oop ná deure lank gesluit was weens diefstal

   

Die Verkeersdepartement se lisensie- en toetsstasie in Vredefort is tans van Maandae tot Vrydae van 07:30 tot 13:00 (vir finansiële transaksies) en tot 14:00 (vir nie-finansiële transaksies) oop. Met die uitsondering van padwaardigheidstoetse, word alle lisensiëringstransaksies sowel as leerling- en bestuurstoetse by die kantoor gedoen, sê Hilary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer.

Die kantoor was vir lank gesluit nadat die rekenaars in 2019 uit die gebou gesteel is. Die rekenaars was gekoppel aan die eNaTis-verkeersstelsel wat beheer word deur die Road Traffic Management Corporation (RTMC). Die kantoor kon eers einde 2020 weer heropen nadat daar vroeër nie fondse was om die rekenaars te vervang nie.    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button