News

Moorde in SA neem toe met 66,2%

Moorde in SA het met 66,2% toegeneem

 

  Alle kontakmisdaad in die land het in die eerste kwartaal van die finansiële jaar met dubbelsyfers toegeneem teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

 

Moord het met 66,2% toegeneem en van begin April tot einde Junie is 5 760 mense vermoor. Dit is 2 295 meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Ander kontakmisdaad buiten moord, wat insluit poging tot moord, seksuele oortredings en alle vorme van aanranding is op met 60,6%.

 
Daar was 76 936 voorvalle van aanranding terwyl verkragting toegeneem het met 72,4%. Altesame 181 plaasaanvalle is opgeteken en 15 mense is in die aanvalle vermoor. Transito-rooftogte, wat met baie geweld gepaardgaan, het met 142.1% gestyg. Daar was 46 transito-rooftogte – 27 meer as in dieselfde tydperk verlede jaar. Die gevreesde trio-misdade soos gewapende roof, motorkaping en aanvalle in woonhuise het eweneens skerp gestyg met motorkapings wat met 92,2% toegeneem het.
 
 

   

 

 
 

Related Articles

Back to top button