Kom kry jou oog op die ring

Kom kry jou oog op die ring

 

 

Die ringtennis-seisoen vir 2021/22 het weer begin en word daar weer op Dinsdae en Donderdae in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos vanaf 17:00 geoefen. Hierdie is ‘n sport wat beslis ewe veel pret as uitdaging bied en solank jy nog vlug van voet en oog is, is jy beslis nie té jonk, of té oud vir ringtennis nie.

Die sport word reeds vir ‘n geruime tyd aktief in Parys beoefen, en is daar selfs Parysenaars wat al met groot sukses hul slag by die nasionale kampioenskappe gaan wys het.

Benewens die oefening wat die sport jou bied, is dit die ideale geleentheid om mense te ontmoet met weeklikse sosiale spel, en terselfdertyd ‘n lekker wegbreek na ‘n langs dag se werk.

Naas ‘n paar tekkies het jy niks meer nodig nie. Net die gewilligheid om saam te kom speel. Jy hoef ook nie ‘n ervare speler te wees nie. Beginners en selfs kinders is baie welkom om saam te kom oefen.    

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button