LetterOpinions

Leë plekkies

Leë plekkies

     

“Ek dink aan leë plekkies in baie huise vandag.

Kaste wat vol klere is maar nie meer gedra word.

Tandeborsel wat doodstil lê.

Mense in rou wat nog tot verhaal moet kom, want alles het tot stilstand gekom.

‘n Geliefde is weg..

Die wêreld draai en rou, want hartseer snikke weergalm in die nag se stilte.

Kiste sak in koue grond en oral is begrafnisruikers op vars hopies grond.

Weduwees lê alleen in die nag en worstel.

Wewenaars staar voor hul uit want “hoe dan nou?

Ma is weg”. Iewers val ‘n kind uitmekaar.

Covid het kom stukkend maak en drome oor die toekoms lê aan skerwe.

Begrafnisse word op fone gekyk en almal rou meters uit mekaar uit.

Tegnologie hou ons bymekaar en video’s van mense wat in winkelsentrums “gospel” sing.

Die winter is ekstra koud die jaar. Hartseer hang in die lug en die wind huil saggies saam.

Here die mensdom is moeg, moeg gehuil, moeg hartseer gewees, moeg afstand gehou en moeg van alkohol hande.

Kom red ons tog uit die net van die voëlvanger van die verderflike pes.

Die siekte wat verwoes. In ons ore weerklink ambulans sirenes, die dreuning van helikopters en stil gebede.

Ons wil weer lag hoor, mense wat gesels terwyl hul mekaar vashou en oor en weer kuier.

Maar nogtans sal ons saam Habakuk juig “die Here my God, Hy gee my krag”.

Want terwyl ons afstand hou Here, is U steeds naby….dankie.”    

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button