News

Asemrowende foto’s van insekte in SA se ekosisteme

Asemrowende foto’s van insekte in SA se ekosisteme

Natuurliefhebbers en fotograwe het komende Sondag (22 Augustus) ´n besondere geleentheid om boeiende inligting oor die rol van insekte in Suid-Afrika se ekosisteme en asemrowende fotos in ´n vertoning in Sasolburg se Etiennie Rousseau-teater te beleef. Die boek “Pollinators, Predators and Parasites – the ecological roles of insects in Southern Africa” word deur Hennie de Klerk, mede-outeur en fotograaf, bekendgestel.

Hennie de Klerk van Vanderbijlpark bestudeer reeds sedert 1984 die gedrag van insekte en neem terselfdertyd makrofoto’s van hoogstaande gehalte. Met die digitalisering van fotografie sedert 2003 het die moontlikhede van makrofotografie dramaties verbeter. In 2011 is Hennie deur Clarke Scholtz, entomoloog aan die Universiteit van Pretoria, en Jenny Scholtz, deskundige op die gebied van natuurbewaring, genader om fotos vir die insekboek wat hulle beplan te voorsien.

 

Fotograaf Hennie de Klerk in aksie agter die kameralens vir die asemrowende foto’s wat gepubliseer is in die boek “Pollinators, Predators and Parasites – the ecological roles of insects in Southern Africa” waarvan hy ook mede-outeur was. Foto: Verskaf

 

 

Die meeste van die meer as 1 600 fotos in die boek is deur hom geneem. Hennie bied op Sondag 22 Augustus 2021 om 15:00 ’n praatjie, toegelig met ´n vertoning van fotos uit die boek, by die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg aan. Toegang is gratis, maar dit is noodsaaklik om te bespreek aangesien getalle beperk is weens die COVID-19 beperkings.

Stuur ’n Whatsapp na 082 626 6990 of epos aan deklerkr@telkomsa as jy dit wil bywoon. Boeke sal beskikbaar wees na die praatjie teen ´n afslagprys van R500.00 per boek.  

 

   

Related Articles

Back to top button