NewsNews

Boer se aanvallers gevonnis

Boer se aanvallers gevonnis

 

Carletonville – Uitstekende speurwerk deur lede van die Carletonville-speurtak het verseker dat vier van die ses beskuldigdes wat verlede jaar na die aanval op ‘n boer van Muiskraal in hegtenis geneem is, stewige vonnisse opgelê is.

 

Volgens die ondersoekbeampte, ao. Jacques Nagel van dié speurtak, is vier van die mans op 27 Julie in die streekhof in Ventersdorp gevonnis. Nkosinathi Thembinkosi Mdluli (36), Ramito Joseph Ngolele (31), Joel Thomas Novele (35) en Ernesto Pedro Shirondza (36) is elk tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle skuldig gepleit het op aanklagte van roof met verswarende omstandighede. Die saak teen nóg twee beskuldigdes, Kenneth Andries Modisane (36) en Olavio James Ngoveni (34) is teruggetrek. Die vonnisse spruit uit ‘n voorval toe André Marais (54), ‘n boer van Muiskraal, op 25 Augustus verlede jaar beroof en geskiet is. Marais is 10 keer in sy bene en voet geskiet toe hy omstreeks 18:00 na die tuinwerker, Amos Mahlaba (68), se sinkhuis gestap het om ondersoek in te stel nadat sy honde onbedaarlik begin blaf het. Nagel en ander speurders het inligting opgevolg en die verdagtes twee dae later in Khutsong, Oos-Driefontein en die Muiskraal-omgewing vasgetrek.

 

 

   

Related Articles

Back to top button