NewsNews

Boer se aanvallers gevonnis

Boer se aanvallers gevonnis

 

Carletonville – Uitstekende speurwerk deur lede van die Carletonville-speurtak het verseker dat vier van die ses beskuldigdes wat verlede jaar na die aanval op ‘n boer van Muiskraal in hegtenis geneem is, stewige vonnisse opgelê is.

 

Volgens die ondersoekbeampte, ao. Jacques Nagel van dié speurtak, is vier van die mans op 27 Julie in die streekhof in Ventersdorp gevonnis. Nkosinathi Thembinkosi Mdluli (36), Ramito Joseph Ngolele (31), Joel Thomas Novele (35) en Ernesto Pedro Shirondza (36) is elk tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle skuldig gepleit het op aanklagte van roof met verswarende omstandighede. Die saak teen nóg twee beskuldigdes, Kenneth Andries Modisane (36) en Olavio James Ngoveni (34) is teruggetrek. Die vonnisse spruit uit ‘n voorval toe André Marais (54), ‘n boer van Muiskraal, op 25 Augustus verlede jaar beroof en geskiet is. Marais is 10 keer in sy bene en voet geskiet toe hy omstreeks 18:00 na die tuinwerker, Amos Mahlaba (68), se sinkhuis gestap het om ondersoek in te stel nadat sy honde onbedaarlik begin blaf het. Nagel en ander speurders het inligting opgevolg en die verdagtes twee dae later in Khutsong, Oos-Driefontein en die Muiskraal-omgewing vasgetrek.

 

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button