NewsNews

Covid-19: Só lyk die syfers nou vir Parys

Covid-19: Só lyk die syfers nou vir Parys

 

Die aantal nuwe positiewe Covid-19 gevalle vir Parys is die afgelope vier weke stabiel met geen toe- of afname in gevalle nie. Parys het die week tot en met 8 Augustus op 79 positiewe gevalle afgesluit, teen 83 die vorige week. Die res van die dorpe in die Ngwathe-munisipaliteit het in albei weke 64 gevalle aangemeld, ongeveer 30 gevalle per week minder as die vorige twee weke. Die afname in gevalle is hoofsaaklik in Heilbron en Koppies, terwyl Verdefort se gevalle net soos Parys redelik stabiel is. Die sewedaagse rollende gemiddeld vir Parys staan tans op 12 positiewe gevalle per dag. Dit is die gevolgtrekking wat Karin Grobler kon maak uit statistieke van die aantal nuwe gevalle wat deur die departement van gesondheid beskikbaar gestel is. Karin het haar meestersgraad in bedryfswiskunde en informatika en het die onderstaande grafieke saamgestel wat ’n duidelike prentjie gee van wat in Parys en die ander Ngwathe dorpe gesien word.

 

 

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button