NewsNews

Derduisende se skade na substasie vandalisme, diefstal

Derduisende se skade na substasie vandalisme, diefstal

    Herstelwerk in woongedeeltes wat geraak is ná gisteraand se diefstal en vandalisme by die mini-substasie in Vierdelaan, is voltooi en behoort woonhuise in Delverstraat, Fouche straat, Derdelaan, Vierdelaan, Schonkenstraat, Noorderstraat en ander dele wat hierdeur geraak is, nou weer krag te hê. As jou krag in hierdie omgewing steeds af is, moet jy dit rapporteer.  

Mnr. Henk Coetzer, Ngwathe se bestuurder tegniese dienste waar hy en sy span vanoggend by die mini-substasie in Vierdelaan herstelwerk gedoen het.

‘n Klag is by die polisie gelê na die vandalisme by die mini-substasie in Vierdelaan, Vrydagnag, 6 Augustus.

Die skade as gevolg van vandalisme by mini-substasies kos Ngwathe derduisende.

 

 

Hier kan die skade in die mini-substasie duidelik gesien word.   

Daar is teen net voor 15:00 Saterdagmiddag nog gewerk om die gesteelde oorhoofse kragkabels in die omgewing van Dolfstraat te vervang. Die vandalisme van die Vierdelaan mini-substasie is reeds die tweede voorval die afgelope tyd. Twee weke gelede is die mini-substasie in Oudewerfpark gevandaliseer.

Die afgelope week was daar reeds twee voorvalle waar oorhoofse kabels gesteel is. Naas die voorval Vrydagaand in Dolfstraat, is daar Woensdagaand ook kraglyne in Boomstraat gesteel.

 Ngwathe se bestuurder tegniese dienste, mnr. Henk Coetzer, en sy span verdien ‘n pluimpie vir die vinnige reaksie vanoggend om die elektrisiteitstoevoer te herstel en verdere skade te voorkom as gevolg van die vandalisme in die mini-substasie, asook Parys SAPD onder leiding van luitenant-kolonel De Vos, wat baie vinnig op die toneel was om die klag ná die vandalisme en diefstal te ondersoek. Die vandalisme kos Ngwathe derduisende en word die skade aan die mini-substasie alleen geraam op nagenoeg R30 000.    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button