NewsNews

Seun sterf week ná pa se dood

Seun sterf week ná pa se dood

Mens kan jou kwalik die seer indink van ‘n familie wat ‘n pa en seun binne ‘n week aan die dood moes afstaan. Andries Gelderblom is Sondag in die ouderdom van 51 jaar in ‘n Kroonstadse hospitaal weens Covid-19 dood, presies ‘n week ná die dood van sy pa, Van Coller Gelderblom, ‘n oudadjunkhoof van Parys, wat ook weens Covid dood is.

Andries is in Parys gebore en het hier skoolgegaan, waarna hy by die polisiediens aangesluit het. Hy was ‘n speurder en het later jare sekuriteitshoof van die Gautrein se suidelike deel geword. Hy het die laaste tyd by sy ouers in Parys gewoon. Andries was besonder kunstig en het pragtige loodglaswerk en houtwerk gedoen. Hy het ook messe gemaak.

Andries was die enigste kind van Van Coller en Annalene Gelderblom. Hy word oorleef deur sy ma, seuns Deon en Cameron, en Natasha. Ons diepe medelye met die familie met die onbeskryflike hartseer.  

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button