NewsNews

Seun sterf week ná pa se dood

Seun sterf week ná pa se dood

Mens kan jou kwalik die seer indink van ‘n familie wat ‘n pa en seun binne ‘n week aan die dood moes afstaan. Andries Gelderblom is Sondag in die ouderdom van 51 jaar in ‘n Kroonstadse hospitaal weens Covid-19 dood, presies ‘n week ná die dood van sy pa, Van Coller Gelderblom, ‘n oudadjunkhoof van Parys, wat ook weens Covid dood is.

Andries is in Parys gebore en het hier skoolgegaan, waarna hy by die polisiediens aangesluit het. Hy was ‘n speurder en het later jare sekuriteitshoof van die Gautrein se suidelike deel geword. Hy het die laaste tyd by sy ouers in Parys gewoon. Andries was besonder kunstig en het pragtige loodglaswerk en houtwerk gedoen. Hy het ook messe gemaak.

Andries was die enigste kind van Van Coller en Annalene Gelderblom. Hy word oorleef deur sy ma, seuns Deon en Cameron, en Natasha. Ons diepe medelye met die familie met die onbeskryflike hartseer.  

 

   

Related Articles

Back to top button