NewsNews

Motorfietsryers help om mieliemeel van Kroonstad na Parys te kry

Motorfietsryers help om mieliemeel van Kroonstad na Parys te kry

 

 

Terwyl onluste in die land gewoed het en daar vrese was vir die veiligheid van vragmotors op van die land se paaie, was dit ’n groep motorfietsryers van Parys wat in daardie twee weke van geweld, binne ‘n dag gesorg het dat bykans tweehonderd 10kg mieliemeelsakke by Senwes Food Umbrella duskant Kroonstad gehaal, en veilig na Parys gebring is.

Die mieliemeel is deel van die kospakkies wat weekliks deur OCSA (Operation Compassion South Africa) uitgegee word om te voorsien in die voedselnood van talle in die Parys, Tumahole, Schonkenville en Vredefort gemeenskappe. Lede van die Bikers Church, ’n plaaslike motorfietskerk van Parys, wat deel is van die Volle Evangelie Kerk. het in dié tyd ingespring en self geld voorsien en die rywerk gedoen vir bykans twee weke om die mieliemeel van Kroonstad na Parys te bring. OCSA het verlede jaar met die begin van inperking begin om kospakkies te versprei aan hulle in ernstige nood weens werksverlies of verminderde inkomste. In die afgelope meer as ’n jaar het die getalle van hulle wat nie kos het om van te leef nie, drasties gestyg. Danksy die goedhartigheid van borge, kon OCSA ’n verskil maak vir baie individue en gesinne. In die kospakkies wat weekliks versprei word is daar onder meer proteïene, mieliemeel, brood, groente, vrugte en eiers.

Om die voorraad vir die kospakkies te gaan oplaai en die kospakkies te versprei, is ’n groot brandstofuitgawe en is daar ook groot dankbaarheid vir Barney van Total wat sedert met die projek begin is, die brandstof geskenk het. Jy kan bydrae tot die projek deur voedselskenkings af te laai by die Volle Evangelie Kerk, Philipstraat 2. Die kospakkies word hier in die kerksaal verpak. Alternatiewelik kan jy ook ’n geldelike skenking maak in die volgende rekening: OCSA Parys, FNB 62806282456, Gold Business Account, verwysing: Voedingsprojek. Boere kan ook van hul mielies skenk vir die Senwes Food Umbrella wat weer aan OCSA mieliemeel voorsien.

Wie en wat is OCSA?

OCSA se misie is om armoede en werkloosheid aan te spreek wat vooruitgang en persoonlike ontwikkeling in die land kniehalter.

Daarom streef OCSA as nasionale organisasie daarna om die behoeftes in alle gemeenskappe in die land aan te spreek, en veral die maatskaplike welsynssektor te dien. OCSA is ’n nie-winsgewende organisasie wat hoofsaaklik daarop fokus om ’n gemeenskap te bemagtig om selfvoorsienend te wees, maar lewer ook ondersteuningsdienste.

Kontak OCSA by admin@ocsaparys.org of teresabroodryk@gmail.com. Gaan kyk ook na die webtuiste www.ocsaparys.org of skakel past Christiaan Broodryk by 062 412 2366, of Hennie Beukes (Bikers Church) by 072 272 7211.    

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button