NewsNews

Puk-student en vier ander sterf in botsing op Ventersdorppad

  Vyf mense, een ‘n Puk-student, is Saterdagoggend in ‘n botsing dood toe ‘n Volkswagen Polo en ‘n Toyota Etios trompop gebots het.     Vyf mense, een ‘n Puk-student, is Saterdagoggend (31 Julie) in ‘n botsing dood toe ‘n Volkswagen Polo en ‘n Toyota Etios trompop gebots het. Die ongeluk het rondom 4:30 op …

 

Vyf mense, een ‘n Puk-student, is Saterdagoggend in ‘n botsing dood toe ‘n Volkswagen Polo en ‘n Toyota Etios trompop gebots het.

 

Vyf mense, een ‘n Puk-student, is Saterdagoggend (31 Julie) in ‘n botsing dood toe ‘n Volkswagen Polo en ‘n Toyota Etios trompop gebots het. Die ongeluk het rondom 4:30 op die Ventersdorppad plaasgevind. Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, was die student, Marelize Steyn (20), in haar silwerkleurige Toyota Etios in die rigting van Ventersdorp op pad toe sy reg van voor teen die Volkswagen Polo gebots het.  Kol. Myburgh sê volgens die polisieverslag het die bestuurder van die silwerkleurige Volkswagen Polo eers agter ‘n wit Toyota Yaris in Potchefstroom se rigting gery voordat hy die Yaris verbygesteek en met die aankomende voertuig gebots het.

 

Die bestuurder en drie passasiers van die Polo, twee mans en twee vrouens, is op die ongelukstoneel dood terwyl een van die passasiers, wat ook die eienaar van die motor was, met ernstige beserings in die hospitaal in Potchefstroom opgeneem is. Hulle was almal inwoners van die Tshing-woonbuurt op Ventersdorp. Marelize Steyn was ‘n onderwysstudent en lid van LaVaria dameskoshuis. Sy is oorspronklik van Askham in die Noord-Kaap afkomstig.

 
 

Op LaVaria se Facebookblad onthou haar vriendinne haar as ‘n gelowige mens. “Dit is met ‘n baie swaar hart dat ons vandag deel dat Marelize Steyn by ons Hemelese Vader is. Sy was ‘n beeldskone dame met ‘n hart van goud. Haar liefde vir die Here het deur haar geskyn.” Marelize is die vierde student van die Potchefstroom kampus wat vanjaar in ‘n motorongeluk gesterf het. Prof. Daryl Balia, adjunk-visekanselier wat ook die koshuisvader van LaVaria dameskoshuis is, sê Marelize se dood is ‘n tragiese verlies vir die universiteit en die pyn wat haar ouers beleef, wens hy vir niemand toe nie.

https://potchefstroomherald.co.za/90725/puk-student-en-vier-ander-sterf-in-botsing-op-ventersdorppad/      

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button