NewsNews

Brood vir hulle in nood – jy kan nog gee

VVA hou broodjiedag

   

Wanneer dit winter is, is jy mos ekstra honger. Veral saans wanneer dit koud en donker is. Ons hoef nie Hillbrow toe te gaan om hongerte en ellende te sien nie. In Parys, soos in baie ander dorpe, is daar soveel mense wat regtig swaarkry. Hoe bitter moet dit nie wees om ‘n kind honger bed toe te stuur, of sonder ontbyt? Dit is waarom Vrystaat Versorging in Aksie ‘n paar jaar gelede die Broodjiedag-projek begin het.

Teen vroeg vanoggend is daar reeds 42 brode afgelaai by VVA se kantoor in Buitenstraat vir vanjaar se Broodjiedag, en het Blikoortjies se kleuters ook fluks bygedra met 33 brode. Ook PCS het hul bydrae gegee vir Broodjiedag. VVA se Broodjiedag is vandag en môre  30 Julie.

Jy kan dus môre ook nog jou broodjie-bydrae gee.

Dalk het jy net een ekstra brood, broodrolletjies of ‘n paar toebroodjies wat jy kan gee vir iemand in nood vir wie dit werklik ‘n verskil maak.

Jy kan jou bydrae afgee by die VVA-kantoor in Buitenstraat, Parys, of skakel die VVA-kantoor by (056) 811 2971 om te reël dat die brood by jou afgehaal word. Nie een enkele brood sal verlore gaan nie, maar word versprei na hulle wat nood het. Of dit een brood of tien brode is – elke bydrae maak ‘n verskil Die projek kan net slaag met die gemeenskap se ondersteuning. Kom ons help hulle wat minder het as ons.  

 

       

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button