NewsNews

Minister ook gevra vir ingryping oor droë krane

AfriForum het die Ngwathe munisipaliteit net tot Vrydag 30 Julie tyd gegee om met ‘n pan van aksie vorendag te kom om die dorp se voortslepende waterkrisis op te los waarna verdere stappe oorweeg sal word, terwyl die Vryheidsfront Plus Maandag reeds dringende ingryping van die minister van plaaslike behuising, water en sanitasie, Lindiwe Sisule …

AfriForum het die Ngwathe munisipaliteit net tot Vrydag 30 Julie tyd gegee om met ‘n pan van aksie vorendag te kom om die dorp se voortslepende waterkrisis op te los waarna verdere stappe oorweeg sal word, terwyl die Vryheidsfront Plus Maandag reeds dringende ingryping van die minister van plaaslike behuising, water en sanitasie, Lindiwe Sisule ge-eis het.

Dit nadat dele van Parys al vir 10 dae lank óf sonder ‘n druppel water sit, óf tevrede moet wees met ‘n dun straaltjie water, water wat spoeg of drup uit die krane, of eers na middernag in die krane is en weer vroegoggend verdwyn.

DA-raadslede Andries Vrey en Arnold Schoonwinkel het sedert die krisis begin het onverpoosd gesoek na antwoorde en pyplekke uitgewys met die hulp van inwoners, en is daar nadat sommige kleppe al Maandag deur die munisipaliteit vervang is, brandkrane nagegaan is, en ‘n blokkasie in Buitenstraat ook gekry is waar vroeër aan ‘n lekplek gewerk is, uiteindelik vanmiddag (Dinsdag 27 Julie) ‘n sprankie hoop op water gekom toe pype in Heapstraat vervang is waarvoor lankal gevra is, sê DA-raadslid Andries Vrey. Sekere gedeeltes wat deur die waterdroogte geraak is, het begin rapporteer dat daar verbetering is, maar het rdl. Vrey gesê dit is té vroeg om te begin juig. Daar was toe ook steeds dele sonder water.

 

Lees die volledige berig in hierdie week se Gazette.    

 

 

 

   

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button