Die natuurprag, die hartlikheid van Parys se inwoners, en die unieke karakter van die dorp is al deur vele besoekers raakgesien en waardeer. Daarom was dit ’n groot eer vir Parys om vanjaar as een van die semi-finaliste in die kompetisie aangewys te word.
Vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar is Greyton in die Overberg. Die aankondiging is Sondagaand op Kwêla gemaak. Greyton is dan ook die elfde wenner van die kompetisie. En al het Parys nie vanjaar die titel kon inpalm nie, is dit steeds ’n pluimpie vir die dorp om vanjaar ’n semi-finalis te kon wees nadat Jan en San publiek se stemme die dorp onder die top 3 Vrystaatse dorpe geplaas het. Parys was in 2018 die Vrystaatse finalis van die kompetisie. Dankie aan elkeen wat vir Parys gestem het. Parys het ’n gemeenskap om op trots te wees.
Die natuurprag, die hartlikheid van Parys se inwoners, en die unieke karakter van die dorp is al deur vele besoekers raakgesien en waardeer. Daarom was dit ’n groot eer vir Parys om vanjaar as een van die semi-finaliste in die kompetisie aangewys te word.. Foto: Christo Meyer
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.