NewsNews

Oulikste troeteldiere gesoek om DBV te help

Oulikste troeteldiere gesoek om DBV te help

Het jy nog altyd gedink Wagter of Kietsie verdien die prys as die oulikste troeteldier? As jy boonop nog ‘n snoesige hondekombersie vir die winter, spesiale kosbakke, ‘n Spa-bederf of ete by ‘n restaurant kan wen, is dit beslis nou die tyd om jou kamera nader te trek en vir Wagter of Kietsie op hul oulikste op kamera vas te vang. Parys DBV het met ‘n soektog na die oulikste troeteldier begin en jy het net tyd tot 31 Augustus om jou troeteldier in te skryf.

Dit is so maklik as om ‘n foto van jou troeteldier via WhatsApp na Frieda by 071 331 9318 te stuur. Dit kos jou net R20 per foto wat jy inskryf, of R50 vir drie foto-inskrywings – alles ten bate van die plaaslike DBV. Klik net op die skakel https:www.backabuddy.co.za/parys-fundraise.

 

Onthou die DBV ontvang geen staatsbefondsing nie en fondsinsamelingsveldtogte soos hierdie help om broodnodige inkomste te kry om die DBV se deure oop te hou. Gee as verwysing jou naam en jou troeteldier se naam in die WhatsApp wat jy stuur met die foto, asook op die Backabuddy-veldtog om ‘n kans te staan om te wen. Maak ook ‘n draai op die Parys SPCA Facebookblad en stem vir die troeteldier van jou keuse.  

 

 

Enkele van die inskrywings wat al ontvang is.

 

     

 

 

   

 

Om te stem plaas ‘n kommentaar by die foto van jou keuse en “like” en “share” dit met al jou vriende en familie. Die foto met die meeste ‘likes’ sal uiteindelik as die wenner aangewys word. Jy kan ook Parys DBV op Instagram volg waar ‘n paar van die inskrywings geplaas sal word in die “highlights” – stories-kategorie waar mense sal kan stem vir die oulikste troeteldier-inskrywings.  

 

 

     

 

Related Articles

Back to top button