News

Dis YSIG koud

En môre kan jy nog bibberweer verwag

As jy gewonder het hoe koud dit is – kyk gou hier  

 

     

 

Die prag foto’s is die handewerk van Annemarie Ferreira.   

Die bibberweer wat Parysenaars gister en vandag (Donderdag 22 Julie en Vrydag 23 Julie gevoel het, het ook gesorg vir pragtige foto’s soos hierdie wat deur Parysenaar Annemarie Ferreira geneem is.

E-pos gerus ook vir ons jou ysige foto’s na gazettenuus@gmail.com

En moenie te haastig wees om jou jas weg te pak nie. Môre is ‘n ysige 14/-5 Sondag 15/-4 Maandaag raak dit darem effe beter met 17/03, maar sal temperature eers teen volgende Saterdag weer net-net raak bo die 20 grade.

Die slegte nuus is dat die Ngwathe munisipaliteit alreeds vanoggend gewaarsku het dat verhoogde kragverbruik in die snerpende koue kan lei tot die implementering van munisipale rotasie beurtkrag. Inwoners is daarom gevra om krag spaarsamig te gebruik en nie-noodsaaklik elektriese toestelle, waterverwarmingstoestelle en pompe af te skakel.

Stoor ook die munisipale noodnommer op jou selfoon sou jy sonder krag wees buite geskeduleerde beurtkragtye.    

Die noodnommer is 082 909 3463

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button