News

Dis YSIG koud

En môre kan jy nog bibberweer verwag

As jy gewonder het hoe koud dit is – kyk gou hier  

 

     

 

Die prag foto’s is die handewerk van Annemarie Ferreira.   

Die bibberweer wat Parysenaars gister en vandag (Donderdag 22 Julie en Vrydag 23 Julie gevoel het, het ook gesorg vir pragtige foto’s soos hierdie wat deur Parysenaar Annemarie Ferreira geneem is.

E-pos gerus ook vir ons jou ysige foto’s na gazettenuus@gmail.com

En moenie te haastig wees om jou jas weg te pak nie. Môre is ‘n ysige 14/-5 Sondag 15/-4 Maandaag raak dit darem effe beter met 17/03, maar sal temperature eers teen volgende Saterdag weer net-net raak bo die 20 grade.

Die slegte nuus is dat die Ngwathe munisipaliteit alreeds vanoggend gewaarsku het dat verhoogde kragverbruik in die snerpende koue kan lei tot die implementering van munisipale rotasie beurtkrag. Inwoners is daarom gevra om krag spaarsamig te gebruik en nie-noodsaaklik elektriese toestelle, waterverwarmingstoestelle en pompe af te skakel.

Stoor ook die munisipale noodnommer op jou selfoon sou jy sonder krag wees buite geskeduleerde beurtkragtye.    

Die noodnommer is 082 909 3463

 

 

Related Articles

Back to top button