NewsNews

Só lyk Parys se syfer nou

Afname bemoedigend

 

 

Volgens vanoggend se syfers wat deur departement gesondheid beskikbaar gestel is, het Parys net 2 nuwe positiewe gevallle van Covid-19 vir 21 Julie gehad. Heilbron, Koppies, en Vredefort het elk net 1 nuwe geval gehad en Edenville geen. Daarteenoor het Sasolburg 28 nuwe gevalle gehad en Kroonstad 14 nuwe gevalle. Sasolburg en Kroonstad is dus nou die twee dorpe in die Fezile Dabi-distrik met die hoogste aantal nuwe Covid-19 gevalle gevolg deur Parys.

Op Dinsdag 20 Julie het Parys 3 nuwe gevalle gehad, Heilbron 2 en Koppies, Edenville en Vredefort elk 1 nuwe geval. Sasolburg het toe 13 nuwe gevalle gehad en Kroonstad 8 nuwe gevalle.

Op Maandag 19 Julie was daar 6 nuwe gevalle vir Parys, 3 elk vir Heilbron en Koppies, geen vir Edenville en 3 vir Vredefort. Sasolburg het toe 39 nuwe gevalle gehad en Kroonstad 15.  

 

   

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button