News

Lieb Bester sterf

Die veteraanakteur Lieb Bester is vanoggend, Woensdag 21 Julie, in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Baie Parysenaars sal nog sy kuier in die dorp einde 2020 goed onthou tydens die saamstel van die program oor Parys vir KykNet se Met ‘n Huppel in die stap”.  Lieb was een van die veldaanbieders van die program. …

Die veteraanakteur Lieb Bester is vanoggend, Woensdag 21 Julie, in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Baie Parysenaars sal nog sy kuier in die dorp einde 2020 goed onthou tydens die saamstel van die program oor Parys vir KykNet se Met ‘n Huppel in die stap”.  Lieb was een van die veldaanbieders van die program. Lieb het die afgelope tyd met sy gesondheid gesukkel nadat hy ook Covid-19 gehad het en was ook vroeër vandeesmaand gehospitaliseer.

Hy het egter herstel en tuis aangesterk, maar daar was skade aan sy organe.

Lieb sal onthou word as besonder talentvolle akteur in verskeie rolprente, maar ook in die sepie Villa Rosa as prof Fritz, en reekse soos Agter elke man en Spoorloos. Hy was ook baie musikaal en kon konsertina, trekklavier en kitaal speel. Ons innige medelye met sy familie, vriende en kollegas met wie hy saamgewerk het.  

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button