News

Spaar met kragverbruik in die koue, pleit Eskom

  Die groot koue kom later die week, sê die weerdiens, maar met die koue op pad het Eskom alreeds begin waarsku oor beurtkrag. Die kragreus het in sy verklaring gesê dat die koue kan lei tot kragonderbrekings in die Wes- en Oos-Kaap. Maar voor jy té gemaklik raak voor die verwarmer – dit kan …

 

Die groot koue kom later die week, sê die weerdiens, maar met die koue op pad het Eskom alreeds begin waarsku oor beurtkrag.

Die kragreus het in sy verklaring gesê dat die koue kan lei tot kragonderbrekings in die Wes- en Oos-Kaap. Maar voor jy té gemaklik raak voor die verwarmer – dit kan jou ook raak.

Eskom sê dat nasionale beurtkrag dalk weer ons voorland kan wees omdat meer krag verbruik word tydens koue weer soos nou weer gevoel word. Die toename in verbruik sal groot druk op die kragnetwerk plaas en hoewel beurtkrag nog nie vir vandag, Dinsdag 20 Julie, voorsien word nie, mag die situasie dalk later in die week verander.

Eskom het by verbruikers gepleit om kragverbruik waar mooontlik te beperk om die moontlikheid vir beurtkrag te probeer vermy.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button