Pak ‘n noodboks vir mense in onlusgeteisterde gebiede

Pak ‘n noodboks vir mense in onlusgeteisterde gebiede

 

AfriForum, Sodidariteit Helpende Hand, Saai, Caring Daisies en Agri Noordwes span saam om gesinne in die onlusgeteisterde gebiede in Natal te ondersteun. Hulle doen ‘n beroep op mense om noodbokse met basiese voedselitems en toiletware te pak vir gesinne wat dringend hulp nodig het.

 

  Nadat winkels en inkopiesentrums geplunder is, is daar glad nie voorraad beskikbaar nie. Netwerk24 het berig dat mense vier tot vyf uur in ‘n ry staan vir ‘n paar kositems. Hulle kan ook nie ver ry om voedselvoorraad aan te vul nie, want vulstasies wat nog brandstof het, hou dit net vir die nooddienste.

 

Die bokse wat opgemaak word, moet asseblief nie-bederfbare items bevat. ‘n Boks kan die volgende items bevat:

  • Toiletware (sanitêre doekies, toiletpapier, seep, tandepasta ens)
  • Blikkieskos soos gebakte boontjies in tamatiesous, vis, weense worsies, boeliebief
  • Hawermout / Mieliemeel
  • Kookolie
  • Koffie
  • Tee
  • Suiker
  • Sout
  • Langlewemelk / poeiermelk
  • Rys
  • Koekmeel en gis
  • Oor-die-toonbank medisyne

In Potchefstroom kan bokse tussen 10:00 – 19:00 by die Koöprasie Kroeg en Kos in Holzhausenstraat 32, Baillie Park afgelewer word. Die sluitingsdatum vir pakkies is 30 Julie. Vir verdere navrae skakel Leanie van Ronge by 066 423 9239. Donasies kan ook in die volgende rekening gemaak word:

 
 

     

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button