News

Vooraf registreer gaan jou wel tyd spaar

Dié groepe kan nou ge-ent word

Onthou registrasie vir vaksinering teen Covid-19 vir mense 35 tot 49 jaar het reeds op 15 Julie begin. Enigeen 35 jaar en ouer wie nog nie geregistreer het vir vaksinering nie, kan dus nou registreer. Jy moet onthou as jy vooraf kan registreer gaan dit vinniger by die vaksineringslokale. Mense wat die Pfizer vaksine ontvang, moet ook in gedagte hou dat jy nie vroeër as jou geskeduleerde datum die tweede dosis kan ontvang nie.

Jy kan wel die tweede dosis na die geskeduleerde datum ontvang sou jy nie op die presiese datum by die vaksineringslokaal kan uitkom nie, maar onthou die belangrikste is dat jy wel die tweede dosis sal ontvang. Onthou vaksinering van groot groepe mense neem tyd en dat daar net ‘n sekere aantal gesondheidswerkers is wat die vaksinering kan doen, omdat normale gesondheidsdienste steeds moet voortgaan.

Die personeel wat vaksinering doen moet ook opleding kry en geregistreer word. Dit is daarom nodig dat mense begrip sal hê vir die oponthoude en ook die las op gesondheidswerkers in ag sal neem.  

Hoe registreer jy vooraf vir vaksinering:

 

 

 

As jy nie vooraf kan registreer nie sal jy wel by die inentingspersele gehelp word. As jy nie ‘n bevestigings SMS met die datums en plek vir jou vaksinering ontvang het nadat jy geregistreer het, kan jy ook na die vaksineringspersele gaan. Jy sal gehelp word. Probeer egter om vooraf te registreer en neem jou ID, mediese fonds kaart as jy aan ‘n fonds behoort en ‘n lys van jou medikasie wat jy tans gebruik saam wanneer jy gaan.  Dit alles help om tyd te spaar wanneer jy gaan vir jou inenting. As jy reeds die eerste dosis ontvang het, onthou ook jou kaart wat jy ontvang het met die toedien van die eerste dosis.

 

 

     

 

 

     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button