Sport

Henco se oog op Statebondspele

henco se oog op Statebondspele

   

Wanneer alles onmoontlik lyk, bewys deursettingsvermoë, harde werk en geloof die teendeel. Dit is die verhaal van Henco Uys, plaaslike sakeman en eienaar van Candyman. As talentvolle atleet kon hy verlede week met ‘n oorwinning in die 800m spog met ‘n tyd van 1:47:69 wat hy in Duitsland gehardloop het.

Henco is deel van die Potch Track Club middelafstand atlete wat die afgelope paar weke gesorg het vir skitterende vertonings op Europese atletiekbane. Henco se oog is op die Statebondspele in Engeland en die Amerikaanse Wêreld atletiekkam- pioenskappe in 2022, en gryp hy elke geleentheid aan om te vir dié byeenkomste te kwalifiseer.

Maar maklik was die pad tot hier toe nie, en het hy ook weens die kwarantyn tydperk in Italië die kans gemis om te kon kwalifiseer vir die Olimpiese Spele. In 2020 was Henco vas oortuig dat dit dié jaar sou wees wat hy sy droom sou bewaarheid, maar het Covid-inperkings sy drome gekelder. Ten spyte daarvan het hy en van sy spanmaats op sy grootword plaas bly oefen totdat hulle weer op die atletiekbaan toegelaat is. Begin 2021 kniehalter ‘n spierbesering en malaria hom, maar oorkom hy ook dié struikelblokke.

“Ek gee nie so maklik op nie,” gesels Henco.

As plaaskind was dit sy oupa, Freek, wat sy grootste inspirasie was. Wanneer hulle klaar by die melkstal was, het oupa Freek hom uitgedaag vir ‘n ‘race’ van die stal na die huis. “Hy het my natuurlik laat wen, maar my elke dag onwetend, bietjie harder laat werk.”

Nodeloos om te sê, die hardloopgogga het gebyt. Oor die jare het Scheuerman-se-siekte en beserings hom telkemale teruggehou, totdat sy pad uiteindelik gekruis het met Jean Verster van die High Performance Institute in Potchefstroom.

Jean het Henco begin afrig en na drie jaar se harde werk kon Henco vir die eerste keer ‘n seisoen voltooi sonder ernstige beserings. Hy is selfs gekies vir die Wêreld Studente Spele in Taipei waar hy ‘n vierde plek behaal het ten spyte van ‘n spierbesering.

Daarna sou hy ook die voorlopige span haal vir die Statebondspele in Australië.

Henco neem weer op 18 Julie deel met die moontlikheid vir nog drie deelnames later om ook sy Statebondspele en Wêreldkampioenskap droom te bewaarheid.    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button