NewsNews

Pensioenarisse moet onthou

Pensioenarisse moet onthou

   

 

 

Pensioenarisse wat kwalifiseer vir kortings op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag skriftelik voor 31 Augustus vanjaar gedoen moet word. Om te kwalifiseer, moet die applikant die eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar of ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie die eienaar van meer as een eiendom wees nie.

Die inkomste van die huishouding (d.w.s. applikant en gade) moet minder as R8 170 per maand wees. Kortings word as volg bereken:

* Op inkomste van R0 tot R4 300 per maand 100%

* Op inkomste van R4 301 tot R4 850 per maand 60%

* Op inkomste van R4 851 tot R7 500 per maand 30%, en op inkomste van R7 501 tot R8 170 per maand 15%.

Aansoekvorms vir die korting is by die munisipale kantore beskikbaar en pensioenarisse wat hulp met die aansoek benodig, is welkom om 067 0500 235 te skakel. Applikante moet verkieslik ‘n afskrif van die aansoek maak en vra dat die munisipaliteit ‘n datumstempel op die afskrif aanbring wanneer die aansoek ingedien word.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button